POLOKWANE. – Die Polokwane-SAPD het op ’n man (45) toegeslaan wat na bewering saamgesweer het om sy vrou op Saterdag 23 Desember 2023 te laat vermoor.
Lede van die Limpopo-SAPD se provinsiale opsporingspan en moord-en-roof-eenheid het inligting ontvang van ’n man wat planne maak om sy vrou te laat vermoor.
Gevolglik is die verdagte in ’n lokval gelei en in hegtenis geneem toe hy die lokvink ’n voorlopige R5 000 van die totale R15 000 vir die huurmoord betaal het.
Volgens inligting is die verdagte glo ’n onderwyser. ’n Motief vir die beweerde huurmoord kon nog nie vasgestel word nie.
Die verdagte sal na verwagting op Woensdag 27 Desember 2023 in die Polokwane-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD, Twitter



