Gerco van Deventer met familie herenig – bring Kersdag in SA deur

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Gerco van Deventer het uiteindelik na ses jaar sy voete op tuisbodem gesit en is met sy familie herenig. Van Deventer is onvoorwaardelik in Algerië vrygelaat nadat hy op Vrydag 3 November 2017 in Libië gevange geneem en in 2018 in Mali aan JNIM (Al-Kaïda) verkoop is.

Shereen van Deventer het Kersdag in ‘n sosialemediaplasing bevestig Gerco is veilig in Suid-Afrika en het die laaste paar dae saam met sy familie deurgebring.

Van Deventer is volgens die plasing in goeie gesondheid en ‘n goeie gemoedstoestand . nadat hy mediese aandag gekry het.

Die familie het hul dank teenoor die regering van Algerië en die Suid-Afrikaanse Sekerheidsagentskap, wat saam sy vrylating en terugkeer verseker het, uitgespreek

In die plasing word die pogings van verskeie NGO’s, maar veral van Gift of the Givers, wat hulle vir Gerco se vrylating beywer het, erken.

“We are also deeply thankful for the role played by the media and all South Africans for their prayers and support.”

Die familie sal in die komende weke besonderhede van ‘n oop mediakonferensie beskikbaar stel.

“We humbly request that as a family we be given the necessary space and privacy to allow us to heal. Once again a big heartfelt thank you to everyone who supported us in this time.”

Bron: Shereen van Deventer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel