WES-KAAP. – Ondersoekers van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad doen ’n beroep op die publiek vir inligting rakende ’n driedubbele moord vroeg Donderdagoggend in Delft.
Volgens inligting het die verdagtes in ’n silwer Opal Astra-sedan vanaf die moordtoneel in Beethovenstraat gevlug. Dit volg nadat hulle na bewering met ’n aanvalsgeweer en pistool op die drie slagoffers losgebrand het wat in die pad gestap het.
’n Motief vir die moord op die slagoffers, een vrou (27) en twee mans tussen die ouderdom van 28 en 30, moet nog bepaal word.
Enigiemand met inligting kan die Crime Stop-nommer 08600 10111 skakel of die My Saps-toepassing anoniem gebruik.
Bronne: SAPD, Twitter



