LIMPOPO. – Die gedeeltelik verbrande liggaam van ‘n man, vermoedelik tussen 30 en 37 jaar oud, is Saterdagoggend in bosse langs ‘n begaafplaas buite Tzaneen ontdek.
Brig. Hlulani Mashaba sê die Maake-polisiestasie het ‘n klagte ontvang oor ‘n liggaam van ‘n onbekende man in die bosse.
Met aankoms op die toneel het polisielede opgemerk die liggaam het verskeie sigbare beserings en is gedeeltelik verbrand. Die polisie vra die publiek om hulle met inligting in die moordondersoek te help.
Die brutaal aangerande en verbrande man het rastalokke (dreadlocks) en het ‘n goue ring aan sy linkerhand gedra. Hy was in ‘n swart langbroek en wit gholfhemp geklee.
Gebrande vuurhout is langs sy liggaam gekry.
Die motief vir die moord is onbekend, maar word ondersoek.
Enigiemand met inligting word versoek om speur.sers. Rhulani Mathe by 082 319 9742 te bel.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



