Lees ook: Nog aanklagtes sal glo teen Agnes Setshwantsho gebring word
NELSPRUIT. – Twee verdagtes is gister in hegtenis geneem na hulle gevang is met gesteelde items van R7 000 na hulle in ’n klerewinkel by die Ilanga-winkelsentrum was.
Die verdagtes is dopgehou toe hulle glo klere by die Riverside-winkelsentrum gesteel het.
Hulle het glo vyf baadjies gesteel en in ’n papiersak met foelie gesit sodat dit nie deur sensors by die uitgang sou registreer nie.
Ondersoekers het gesê die verdagtes is moontlik by sakerowe ook betrokke waar selfone gesteel is.
Die twee verdagtes sal Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Nog aanklagtes sal glo teen Agnes Setshwantsho gebring word



