Lees ook: Hamas dreig om gyselaars dood te maak
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms vir ses provinsies uitgereik.
Swaar reën word vir Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat, Noord-Wes en KwaZulu-Natal voorspel. Die weerdiens het ook oor sterk winde en oorstromings gewaarsku.
Motoriste word gewaarsku om nie deur riviere of strome te ry nie.
Die reën behoort môre op te klaar, maar daar kan steeds reën in KwaZulu-Natal, eSwatini, Mpumalanga en Limpopo val.
Bronne: EWN, eNCA, The Citizen
Lees ook: Hamas dreig om gyselaars dood te maak



