Lees ook: Myners weier om myn te verlaat
SPRINGS. – Die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, was gister by die staking by die Gold One-myn in Springs.
Mantashe het gesê die staking het nou ’n gyselaarsituasie geword omdat bestuurders en kontrakteurs glo teen hulle wil in die mynskag aangehou word.
Meer as 400 mynwerkers is sedert Donderdagaand in die myn uit protes teen werkers wat afgedank is ná ’n staking en gyselaarsituasie in Oktober. Minstens 70 van die mense steeds in die myn is glo teen hulle wil daar.
Mantashe het Sondag die saak aan die polisie oorhandig. Die myners het glo hulle gyselaars begin aanrand. Een gyselaar is kaal uitgetrek en geslaan voor hy uitgestuur is.
Bronne: SABC, IOL, EWN



