‘Man steek vrou dood en neem eie lewe’

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Freddy Mokgotho (50) het na bewering Vrydagoggend eers sy vrou Refiloe Mokgotho (30) by haar huis in Praktiseer doodgesteek, waarna hy in Bothashoek selfdood gepleeg het.

Brig. Hlulani Mashaba sê die verdagte oorledene het glo sy vrou tuis besoek waar hy haar ses keer gesteek en van die toneel gevlug het.

Die slagoffer, wat om hulp geskree het, is deur bure na die naaste kliniek geneem, waar sy met aankoms dood verklaar is.

Polisielede wat na die verdagte man op soek was, het gevind hy het hom by sy huis met ‘n elektriese koord van die dak gehang.

‘n Selfdoodnota is op die toneel gevind en word as deel van die motief in sake van moord en geregtelike doodsondersoek deur die Tubatse-polisie ondersoek.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel