Verdagtes na ‘bendeverkragting’ op tienermeisie gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die Ritavi-polisie is op soek na drie verdagtes nadat ‘n meisie (15) Dinsdagmiddag na bewering in Dan-woonbuurt deur hulle verkrag is.

Brig. Hlulani Mashaba sê die meisie het besoek by haar tannie afgelê. Sy het glo saam met haar neef buite die huis gesit toe die drie verdagtes opdaag, haar die huis in dwing, haar uittrek en verkrag. Die drie verdagtes het haar net so gelos en van die toneel gevlug. Die slagoffer het haar tannie daarvan vertel en die voorval is dadelik aan die polisie gerapporteer.

Die polisie het drie aanklagte van verkragting oopgemaak en soek sedertdien na die drie verdagtes.

Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Maswanganye by 082 451 7156 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel