Kyk: Vyf vas na spogvideo oor gesteelde items op TikTok

Deel hierdie storie / Share this story

KENIA. – Polisie in Mombasa het vyf verdagtes aangekeer nadat hulle in ’n TikTok-video met gesteelde items gespog het.

Volgens die polisie in Mombasa is die verdagtes vasgetrek nadat hulle deur wat hulle in die video gedra het, nagespeur en opgevolg is.

Al vyf verdagtes is deel van ’n bende wat aan kriminele bedrywighede aan die kusstreek se Sargoi-area skuldig is. Vincent Ochieng, Shadrack Ochieng, Felix Otieno, Salim Ali en Shafi Yusuf bly sal in aanhouding bly tot hulle verhoor word.

Die gesteelde items sluit onder andere drie iPhones, ’n Samsung-foon, ’n Memojo-foon en ’n paar bluetooth oorfone in.

Kyk die video hier:

Bronne: K24 Digital, DCI Kenya, Twitter