Vier broers by Oos-Kaapse inisiasieskool geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Nomthetheleli Mene, veroordeel die tragiese skietvoorval van vier broers by ’n inisiasieskool in Nqamakwe. Een van die broers het oorleef.

Na bewering is die oupa van die slagoffers Dinsdagoggend om 1:15 bewus gemaak van ’n skietvoorval by ’n inisiasieskool in die Ngcwasi A/A Mntla-lokasie.

Gemeenskapslede wat gaan ondersoek instel het, het drie mans tussen die ouderdom van 18 en 26 dood aangetref. Die drie oorledenes se broer (22) het ’n wond aan sy bolyf opgedoen en is vir behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Slegs twee van die oorlede broers was inisiëringskandidate. Geen verdagtes of motief is nog bekend gemaak nie.

Die SAPD doen ’n beroep op enigiemand wat inligting of leidrade rakende die voorval het, om die SAPD in Nqamakwe by 073 272 9874 of 08600 10111 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word en bronne mag anoniem bly.

Bronne: SAPD, COGTA