GAUTENG. – Die gemeenskap van Sebokeng is geskok nadat ’n pasgebore babaseuntjie in ’n plastieksak uit ’n rivier op Evaton, Sone 7-area, gered is.
’n Jong vrou (19) het na bewering alleen by haar huis in Small Farm geboorte geskenk en later die baba by ’n waterbrugkonstruksie-area gelos.
My heart just broke. If I saw that baby I would have raised her/him myself with the utmost love and by the help of God. No child deserves this😢 https://t.co/oVSi30HqhM
— Valencia (@Lungi_Gabi) December 5, 2023
Gemeenskapslede het gaan ondersoek instel nadat hulle die vrou vreemd sien optree het. Hulle het na die plastieksak waarvan sy ontslae geraak het, gaan kyk.
In ’n video wat op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe ’n man ’n geknoopte plastieksak uit die vuil water hark en oopmaak. Die baba is ooglopend ongedeerd gevind.
Ouer gemeenskapslede is na die jong ma nadat sy opgespoor is. Volgens berigte was sy erg getraumatiseerd. Beide die ma en baba is na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem.
Evaton SAPD-woordvoerder, konst. Thulisile Msibi, het bevestig dat ’n saak van verberging van ’n geboorte aanhangig gemaak is.
Die video kan hier gekyk word: https://x.com/Lungi_Gabi/status/1732032943391232334?s=20
Bronne: The Citizen, Sedibeng Ster, Twitter



