YouTuber wat opsetlik vliegtuig laat neerstort kry tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man wat vliegtuig opsetlik neerstort kan 20 jaar tronkstraf vonnis ontvang

VSA. – ’n YouTuber wat opsetlik ’n vliegtuigongeluk veroorsaak het en toe daaroor gelieg het, is tot ses maande tronkstraf gevonnis.

Trevor Jacob (30) het in Desember 2021 ’n video van ’n vliegtuigongeluk op YouTube geplaas. Hy het na 35 minute in die lug met ‘n valskerm en ’n selfiestok in die hand uit die klein vliegtuig gespring. Die vliegtuig het uit die lug geval. Jacob het agterna nog beeldmateriaal in die wrak gaan haal van hoe die vliegtuig val.

Jacob het die ongeluk rapporteer, maar het gesê hy weet nie waar die vliegtuig is nie. Hy het later in sy skulderkenning gesê hy het die vliegtuigwrak vernietig.

Jacob het skuldig gepleit op ’n aanklag van die vernietiging en verbloeming van bewyse om ’n federale ondersoek te belemmer. Hy is tot ses maande tronkstraf gevonnis.

Bronne: BBC, The Telegraph, The Star

Lees ook: Man wat vliegtuig opsetlik neerstort kan 20 jaar tronkstraf vonnis ontvang