Lees ook: Israel-Hamas-oorlog na skietstilstand voortgesit
KADUNA, NIGERIЁ. – Minstens 85 kerkgangers is Sondag oorlede na ’n lugaanval tydens ’n Moslem- godsdienstige fees in Kaduna. Dosyne mense is ook in die aanval beseer.
Die Nigeriese president het gesê die burgers is oorlede in ’n “bomaanval wat skeef geloop het”. Die goewerneur het gesê hulle is “per ongeluk” doodgemaak deur ’n weermaghommeltuig wat “terroriste en bandiete geteiken het”.
Die president en goewerneur het albei gevra vir ’n ondersoek oor die voorval.
Die dodetal is nog nie bevestig nie.
Bronne: BBC, ABC, The Star



