Man wat vliegtuig opsetlik neerstort kan 20 jaar tronkstraf vonnis ontvang

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kinders geteiken om eerste te sterf in Keniaanse kultus – pastoor

‘n YouTuber wat opsetlik sy vliegtuig neergestort het om “views” te kry kan tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word.

Trevor Jacob het Donderdag ingestem om skuldig te pleit op aanklagtes van die belemmering van ‘n ondersoek na hy opsetlik sy vliegtuig laat neerstort het in November 2021 in Kalifornië.

Jacob het die neerstorting van sy vliegtuig opgeneem en op YouTube geplaas om “views” te kry sodat hy kan geld maak uit ‘n borgskap.

Hy het gemaak asof hy probleme met die vliegtuig se enjin ervaar en toe met ‘n valskerm en selfiestok by die vliegtuig uitgespring.

Jacob het die vliegtuig met ‘n helikopter verwyder twee weke na die ongeluk en hy het dit opgekap en weggegooi naby die Lompoc City-lughawe.

Daarna het hy gelieg en gesê hy weet nie waar die vliegtuig geval het nie.

Jacob het sy vlieënierslisensie in April 2022 verloor en het erken hy het gelieg en die ondersoek opsetlik belemmer. Hy sal na verwagting oor die volgende paar weke formeel sy pleidooi indien en sal later gevonnis word.

Bronne: The Citizen, Briefly, Yahoo News

Lees ook: Kinders geteiken om eerste te sterf in Keniaanse kultus – pastoor