Die Passasierspooragentskap (Prasa) het aangekondig die Johannesburg na Durban/Kaapstad-roetes van die Shosholoza Meyl gaan vanaf 6 Desember heropen word.
Hierdie roetes is in 2021 weens operasionele, netwerk- en infrastruktuuruitdagings opgeskort. Die Shosholoza Meyl is reeds besig om passasiers vanaf Limpopo en die Oos-Kaap via die Johannesburg/Musina- (via Polokwane) en Queenstown-roetes te vervoer. Prasa het die afgelope twee jaar 27 pendelspoorlyne herstel.
Volgens Andiswa Makanda, woordvoerder van Prasa, sal die heropening langafstandreisigers baat, aangesien kostes van alternatiewe reisopsies hoog is. Die herinstelling sal verligting vir pendelaars en die ekonomie gedurende die feestyd bring.
’n Uiteensetting van die kostes verbonde aan die roetes is as volg:
Johannesburg na Durban: R170 (Sitter) en R360 (Sleeper)
Johannesburg na Kaapstad: R430 Ekonomiese klas (Sitter) en R690 (Sleeper)
Bronne: Prasa, Twitter, EWN



