’n Gesamentlike steekoperasie tussen die grensbestuursowerhede (BMA), binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse polisiediens het meer as 40 busse gekeer om oor die Beitbruggrens vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika te kom. Van die busse het kinders vervoer wat na bewering deel van mensehandel is.
Dr. Michael Masiapato, kommissaris van die BMA, het Sondag gesê altesaam 443 kinders onder die ouderdom van agt is gevind. Geen ouers of voogde wat aan enige van die kinders verbind is, was teenwoordig nie.
Die kinders is uit die busse gehaal en met Zimbabwiese amptenare in gesprek getree. Die kinders is aan Zimbabwe terugbesorg waar hulle in die land heropgeneem sal word.
Dr. Masiapato het ook bekendgemaak dat die BMA verder gehelp het om 44 000 individue te keer wat onwettig Suid-Afrika wou binnekom. Hulle is in hegtenis geneem en vingerafdrukke is geneem, waarna hulle dadelik as ongewens verklaar en gedeporteer is.
Ander individue is toegang tot Suid-Afrika geweier weens kriminele klagtes waarvoor hulle in ander lande gesoek word. Verdere gesamentlike operasies sal meer gereeld plaasvind om sodoende Suid-Afrika se belange te beskerm.
Bronne: South African Government News Agency, Twitter



