Altesaam 90 000 skoolmeisies hierdie jaar swanger

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verbysterende getal van 90 000 skoolmeisies het vanjaar swanger geword.

Hierdie syfer is Donderdag tydens die Multi-Party Women’s Caucus in ‘n verslag in die parlement bekend gemaak.

Lindiwe Zulu, die minister van sosiale ontwikkeling, het partye gevra om hulle politieke verskille opsy te skuif en aandag aan die probleem te gee, aangesien nie net een sektor hierdie probleem kan beveg nie.

Zandile Majozi van die IVP het spoedige wetlike ingryping gevra omdat sommige van die meisies so jonk as 10 jaar is.

Volgens IOL wys die verslag 99 122 skoolmeisies tussen die ouderdom van 15 en 19 jaar oud het vanjaar swanger geword, terwyl 2 328 meisies tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar oud swanger geword het.

Bronne: IOL, Nairaland Forum en Nigeria Bulletin

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel