Verdagte vir moord op ma en seun vandag eers in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Tuinier in hegtenis na moord op ma en seun

ALBERTON. – Die verdagte in die moord op ’n ma en seun van Alberton sal vandag eers in die Palmridge-landdroshof verskyn.

Die ma en seun is Maandagaand in hulle huis in Alberton vermoor. ‘n Tuinwerker is vir die moorde in hegtenis geneem na hy glo die vrou se verloofde, voorheen haar man genoem, probeer aanval het toe hy by die huis gekom het.

Die verdagte sou gister in die hof verskyn het, maar volgens The Citizen was die saak nog nie aan die hof oorhandig nie.

Die polisie is besig om die moorde te ondersoek.

Bronne: The Citizen, Briefly, BNN Breaking, TimesLIVE

Lees ook: Tuinier in hegtenis na moord op ma en seun