Lees ook: Elon Musk besoek Israel na aantygings van anti-Semitisme
New York. – Elon Musk het uitgevaar teen adverteerders wat hulle besigheid van X, voormalig Twitter, onttrek het en het gesê hulle gaan die platform “doodmaak”.
Musk het tydens ’n byeenkoms in New York gesê die maatskappye wat X boikot, probeer hom afpers. Verskeie maatskappye het besluit om op te hou adverteer op X oor anti-Semitiese plasings op die platform, insluitend ’n plasing wat Musk self opgesit het.
Musk het gister om verskoning gevra oor sy plasing, maar het uitgevaar teen die maatskappye wat X boikot. Hy het gesê: “Ek wil nie hê hulle moet adverteer nie. As iemand my gaan afpers met advertering of geld, gaan *&#% jouself”.
Hy het ook gesê die boikot gaan die maatskappy “doodmaak” en die hele wêreld gaan weet dit was die adverteerders wat die maatskappy “doodgemaak het” en hulle gaan dit in detail dokumenteer.
Bronne: BBC, Bloomberg, Daily Maverick
Lees ook: Elon Musk besoek Israel na aantygings van anti-Semitisme



