Lees ook: Ma en seun vermoor, verdagte in hegtenis
GAZA. – Elon Musk het gister na Israel gereis na hy beskuldig is daarvan dat hy anti-Semitiese inhoud op X verder versprei.
Musk het sy ontmoeting met verskeie politieke leiers in Israel op X uitgesaai en het aan die eerste minister, Benjamin Netanyahu gesê hy wil graag help om Gaza na die oorlog te herbou.
Die politieke leiers het Musk nie voor stok gekry oor X nie, maar het gesê dit is gevaarlik om haatlike kommentaar toe te laat. Hulle het ook anti-Semitisme op X aangespreek en gesê: “Dit begin met die Jode, maar dit eindig nooit met die Jode nie”.
Musk het homself verdedig teen “vals mediaberigte” na hy ’n anti-Semitiese samesweringsteorie op X vroeër die maand bevorder het.
Musk het ook gesê hy wil Starlink in Gaza opstel, maar Israel het gesê hy het hulle toestemming nodig om dit te doen.
Bronne: Bloomberg, Time, Fortune
Lees ook: Ma en seun vermoor, verdagte in hegtenis



