Vierde verdagte in hegtenis vir moord op aktivis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Loyiso Nkohla doodgeskiet by Philippi-treinstasie

OOS-KAAP. ’n Vierde verdagte is in hegtenis geneem vir die moord op die politikus en gemeenskapsaktivis, Loyiso Nkohla.

Die verdagte, Mzubanzi Chulayo (41), het gister in die Oos-Londense landdroshof verskyn na hy in hegtenis geneem is by ’n hof in Cofimvaba waar hy vir ’n onverwante saak moes verskyn.

Chulayo en sy medebeskuldigde, Mziyanda Mdlungu, sal op 1 Desember in die Athlone-landdroshof verskyn.

Die vermeende baasbrein agter die moord op Nkohla, Thobani Maxengana (39), is omtrent twee weke gelede oorlede terwyl hy in aanhouding was. Owerhede het gesê hy is dood aan ’n hartaanval. Zukisa Tshabile (38) is ook vir die moord in hegtenis geneem.

Loyiso Nkohla is op 17 April by die Philippi-treinstasie in Kaapstad doodgeskiet. Hy is glo geteiken terwyl hy families wat langs Metrorail se sentrale spoorlyn gewoon het, toegespreek het as deel van Prasa se pogings om die lyn skoon te maak en dienste te hervat.

Daar is verlede week in die hof beweer Nkohla se vrou moes ook geskiet word.

Die verdagtes word aangekla van verskeie misdrywe, inlsuitend moord en sameswering om moord te pleeg.

Bronne: Daily Maverick, EWN, IOL

Lees ook: Loyiso Nkohla doodgeskiet by Philippi-treinstasie