Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding
Suid-Afrika is sewende op die lys van lande met die meeste misdaad volgens die nuutste verslag deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime.
Suid-Afrika is sewende op ’n lys van 193 lande. Die top-tien lande is:
- Mianmar
2. Colombia
3. Mexiko
4. Paraguay
5. Demokratiese Republiek van die Kongo
6. Nigerië
7. Suid-Afrika
8. Irak
9. Afghanistan
10. Libanon
Die kriminele markte, wat insluit die finansiële impak van die misdrywe, die mense geraak deur die misdrywe en hoeveel geweld gepleeg is, en die kriminele “akteurs”, die organisasie wat die misdrywe pleeg, kriminele groepe en hulle invloed, word geassesseer wanneer die lys opgestel word.
Suid-Afrika is vyfde in Afrika vir heroïenverkope en derde in Afrika vir die verkoop van kokaïen. Afpersing het ook in Suid-Afrika, toegeneem, veral in Kaapstad en KwaZulu-Natal. Miljoene onwettige vuurwapens is ook in Suid-Afrika in omloop.
Bronne: The Citizen, Jacaranda FM, Cape Town ETC
Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding



