Lees ook: Liggaam van vermiste vrou in septiese tenk gevind
Loyiso Nkohla, voormalige leier van Ses’khona People’s Movement en voormalige ANCYL-leier in die Wes-Kaap, is by die Philippi-treinstasie doodgeskiet.
Nkhola is doodgeskiet terwyl hy ‘n vergadering by die stasie bygewoon het. Drie ander mense is ook in die skietery beseer.
Die onbekende verdagtes het gevlug en nog geen motief vir die moord is bekend nie.
Nkohla was ‘n gemeenskapsaktivis bekend vir “poo protests” waarin draagbare toilette na informele nedersettings geneem is en by belangrike landmerke gelos is om die aandag te vestig op die swak omstandighede in informele nedersettings.
Bronne: IOL, EWN, The Citizen



