Polisiestasie aangeval en beroof

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Kraaifontein-polisiestasie ondersoek ‘n gewapende roof en aanval wat Maandagaand by die polisiestasie in Scottsdene voorgekom het.

Sers. Wesley Twigg sê twee verdagtes het polisielede met ‘n vuurwapen aangehou en hulle glo van hul vuurwapens, polisie-handradio en selfone beroof.

Die verdagtes het in ‘n goudkleurige Mercedes-Benz van die misdaadtoneel by die polisiekantoor gevlug.

Die omstandighede van die insident word ondersoek.

Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie, maar enigiemand met inligting word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel