Man skiet glo vrou en stiefdogter met jaggeweer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – ‘n Man (61) het na bewering Maandagmiddag sy vrou, Magdaleen (Catharina Magdalena) Prinsloo (58) en stiefdogter, Ruzanne Weideman (31) by ‘n huis in Kosmos Hartbeespoortdam met ‘n jaggeweer doodgeskiet.

Kol. Adéle Myburgh bevestig Hartbeespoortdam-polisie ondersoek ‘n dubbelmoord nadat die insident omstreeks 14:30 aan hulle gerapporteer is.

Myburgh sê na bewering het die man ‘n argument met sy vrou en volwasse stiefdogter gehad. Hy het glo daarna ‘n jaggeweer gevat en beide die vroue geskiet.

Die oorledenes, wat beide in die kop geskiet is, is deur EMRS op die toneel dood verklaar.

Die man is in hegtenis geneem en sal Woensdag op aanklagte van moord in die Brits-landdroshof verskyn.

Hierdie tragedie het hom te midde van die 16 Dae van Aktivisme afgespeel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel