KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte in die moord van ds. Liezel de Jager wat op 13 Oktober 2021 in Amanzimtoti verwurg gevind is, is Donderdagoggend vroeg deur die polisie se National Cold Case Investigation Unit in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Ian Cameron, die direkteur van gemeenskapsveiligheid van Action Society, sê inligting wat hy bekom het kom van ‘n betroubare bron ná aan die ondersoek. Die eenheid onder bevel van brig. Gininda het die inhegtenisneming gemaak.
“Die verdagte in aanhouding was sedert die begin van die ondersoek ‘n persoon van belang wat intiem deur die familie geken is.”
Volgens Cameron sal die verdagte Maandag tydens ‘n verskyning in die Durban-landdroshof van die moord aangekla word.
Action Society het op 14 November verneem die betrokke eenheid het die dossier oorgeneem en werk onverpoosd om ‘n deurbraak te maak.
Henk en Salomé van Zyl, Liezel se ouers, het Action Society gedurende Augustus 2022 vir hulp genader. Hulle het volgens Cameron nie behoorlike terugvoering oor die ondersoek van die saak by die polisie gekry nie. Tussen 21 Oktober 2021 en 11 Oktober is 100 oproepe na verskeie offisiere gemaak.
Die organisasie het op 31 Oktober namens Liezel se pa hofdokumente vir minister Bheki Cele by die hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die doel was om ‘n mandamus-interdik te bekom om die polisie binne 30 dae te dwing om stappe te neem om ‘n behoorlike ondersoek in die moordsaak te doen. Dit sluit die aanstel van ‘n bevoegde ondersoeker en sy ondervinding vir ‘n behoorlike ondersoek in.
Action Society sal betrokke bly in sy hoedanigheid totdat daar geregtigheid vir die moord is.
“We are very grateful to the team of officers who took over the investigation and did what should have been done two years ago in two weeks. We honour members of the police who still take pride in their work,” sê Ian.
Lees die SAPD se volledige verklaring deur Brig. Athlenda Mathe hier onder:
SAPS COLD CASE UNIT EFFECT AN ARREST INTO MURDER OF LIEZEL DE JÄGER
Pretoria, 26 November 2023; The South African Police Service (SAPS) Cold Case Unit has effected an arrest in the murder case of Liezel De Jager.
The unit took over the case on 06 November 2023 and within two weeks managed to trace and link the suspect. The members worked tirelessly in analysing and following up on information and in the early hours of 24 November 2023, the team made an arrest in Bloemfontein.
The 45-year-old man will appear on a charge of murder before the Durban Magistrate’s Court on Monday, 27 November 2023.
Liezel De Jager was murdered at her home in Amanzimtoti on 13 October 2021.
The SAPS cold case unit is a unit within the detective services under the command of Brigadier Bafana Gininda and is responsible for investigating unresolved cases.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



