VRYSTAAT. – ‘n Menslike skedel is gedurende September in ‘n oop veld op die plaas De Rust in Almalskraalpad Virginia gevind.
Kapt. Stephan Thakeng sê daar was geen ander gedeeltes van die skeleton of klere gevind nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
Volgens Thakeng is niemand as vermis by Virgina SAPD aangemeld nie. Inwoners van Virginia en omgewing wat ‘n vermiste familieleid het, word versoek om dadelik die polisie te spreek. Speur.sers. Malkotsi Mamaseli kan by 082 301 3062 gebel word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



