“Dit is ‘n misdaad om kinderpornografie in jou besit te hê,” waarsku dié gesoute ondersoeker.
PRETORIA, GAUTENG. – Kapt. Bez Bezuidenhout word met Vrydag se begin van 16 Dae van Aktivisme, vir geen geweld teen vroue en kinders nie, aan Suid-Afrika voorgestel.
Brig. Athlenda Mathe sê hy is deel van die SECI ondersoekers, Serial and Electronic Investigations Unit in die Vrystaat, binne die SAPD. Die eenheid is verantwoordelik om reeksverkragters en diegene wat in besit is van kinderpornografie asook die verspreiding en vervaardiging daarvan, vas te trek.
Bezuidenhout en SECI-kollegas ondersoek reeds 27 aktiewe geïdentifiseerde aanlyn seksuele oortreders in die land. Vier is reeds in hegtenis geneem.
Met meer as 28 jaar se ondervinding met soortgelyke sake sê Bezuidenhout ouers moet hul kinders se elektroniese toestelle monitor.
“Monitor your children’s devices such as tablets and phones on a daily basis. Install parental software apps that will be able to block harmful content. Young children should not be in chat groups. Daily monitoring will ensure more children are saved from such predators. These predators even lure children through online computer games, parents must be extra vigilant.”
Tydens ‘n onlangse saak van die span is Mario Guisti (36), ‘n rekenaarprogrammeerder, tot 6 548 jaar in die tronk gevonnis. Hy het sy misdade aanlyn gepleeg, maar die span se suksesvolle ondersoek en vonnis het hom uit die samelewing verwyder en hy moes hy ‘n rekenaarskerm vir ‘n selmuur verruil.
Guisti is aan aan verkragting, vervaardiging van kinderpornografie, prosessering om kinderpornografie af te laai en die dwing van ‘n kind om tydens masturbasie teenwoordig te wees, sowel as mensehandel, skuldig bevind.
FiND iT het voorheen berig Guisti het met seuns tussen die ouderdomme van 8 en 10 jaar oud vriende gemaak. Hierdie vriendskappe het slegs ten doel gehad om sy seksuele begeertes te bevredig, kinderpornografie te vervaardig en om seksuele dade met jong seuns uit te voer. Sy misdrywe is egter gedurende Augustus gestop.
Verder het Bezuidenhout en die lede van die eenheid vir ‘n 60-jarige beskuldigde se skuldigevinding en vonnis gesorg. Die beskuldigde wat 15 jaar tronkstraf gekry het, het sy niggie (10) verkrag en het seksuele dade met haar uitgevoer. Hy is skuldig bevind en nadat ‘n video waarin hy haar seksuele opdragte gee die lig gesien het, het hy skuldig gepleit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



