Lees ook: Israel-Hamas-oorlog – skietstilstand uitgestel
BELFAST, MPUMALANGA. – ’n Babadogtertjie is vanoggend in ’n mieliemeelsak gekry wat naby die Belfast-spoorlyn weggegooi is.
Sekuriteitspersoneel was aan die patrolleer langs die spoorlyn toe hulle ’n baba hoor huil. Hulle het die geluid gevolg en die babadogtertjie in die sak ontdek.
Die polisie en paramedici is gebel. Die baba is gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem vir verdere aandag.
Enige persoon wat inligting oor die baba se ma het, moet die polisie kontak.
Bronne: SAPS



