Lees ook: Indiese mynwerkers vir eerste keer in dae in video gesien
INDIЁ. – Die reddingspoging van die 41 vasgekeerde werkers in Indië is amper verby.
Reddingswerkers het gesê dit sal nog 14 tot 15 uur neem om by die werkers uit te kom solank niks verkeerd loop nie. Die werkers is al sedert 12 November in die tonnel vasgekeer na ’n grondverskuiwing veroorsaak het dat dit op hulle ingegee het.
Altesaam 41 ambulanse staan buite die tonnel gereed waar die werkers vasgekeer is. Al die ambulanse is met die nodige toegerus om bystand aan die die bevryde werkers te gee.
Bronne: Indian Express, ABC News, Times Now
Lees ook: Baba in sak naby treinspoor gekry



