KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (50) het gister gesterf na hy glo van ‘n brug in die Umgenipad in die Springfield-area gespring het.
DRK Tactical sê die beheerkamer het ‘n oproep vir hulp van die SAPD ontvang, nadat die man met ‘n bloeiende kop aangetref is.
Met DRK EMS-paramedici se aankoms op die toneel is gevind die man het na bewering van die brug gespring. Hy is deur paramedici geassesseer en daar is gevind hy is noodlottig beseer en is dood verklaar.
‘n Handgeskrewe brief is by die liggaam gevind waarin hy om verskoning aan sy familie vra en redes vir sy selfdood verduidelik.
DRK Tactical sê die insident word deur die SAPD ondersoek.
Soos wat die jaar na ‘n einde toe staan en mense vir verskillende redes deur moeilike tye gaan, is dit belangrik om na jou eie en jou geliefdes se gemoedstoestand op te let.
Indien jy jouself in ‘n posisie bevind waar jy nie weet hoe om vorentoe te gaan nie, kan jy by verskeie organisasies regdeur die dag of nag aanklop.
Belangrike nommers:
SADAG Mental Health Line
011 234 4837
Suicide Crisis Line
0800 567 567
Stop Gender Violence Helpline 0800 150 150 24 hours
Akeso Crisis Helpline 0861 435 787 24 hours
Love Life 0800 121 900
Department of Social Development Substance Abuse Line 24hr helpline
0800 12 13 14 SMS 32312
University of Cape Town Helpline
0800 24 25 26
24 hours
University of Pretoria Student Careline
0800 747 747
24 hours
Tshwane University of Technology Student Helpline
0800 68 78 88
24 hours
University of Western Cape Student Helpline
0800 22 23 33
24 hours
Discovery Medical Students & Young Doctors Helpline
0800 323 323
24 hours
Dr Reddy’s Help Line
0800 21 22 23
Cipla 24hr Mental Health Helpline
0800 456 789
Pharmadynamics Police &Trauma Line
0800 20 50 26
Adcock Ingram Depression and Anxiety Helpline
0800 70 80 90
ADHD Helpline
0800 55 44 33
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



