Lees ook: Moordverdagte in Ben Gumbi-saak borg geweier
RUSTENBURG. – ’n Tweede verdagte in die moord op sakeman Ben Gumbi is Donderdag in hegtenis geneem.
Thabani Gwala (30) is in Johannesburg in hegtenis geneem en het gister in die Rustenburg-landdroshof verskyn.
Gwala word ook aangekla vir die moord op Gumbi wat op 23 Augustus buite ’n koffiewinkel in Rustenburg deur twee onbekende verdagtes doodgeskiet is. Die saak teen Gwala is tot volgende maand vir sy borgaansoek uitgestel.
Die eerste beskuldigde, Sibongiseni Ngubane (33), se saak is tot 9 Januarie 2024 vir verdere ondersoek uitgestel.
Daar word steeds na die ander verdagtes gesoek.
Bronne: Jacaranda FM, SowetanLIVE, SAPS, Sunday World



