Myners steeds vasgekeer in Indië

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vasgekeerde Indiese werkers begin siek raak

INDIЁ. – Die 41 mynwerkers wat op 12 November in Uttarakhand, Indië, in ’n tonnel vasgekeer is, wag nege dae later steeds op redding.

’n Nuwe pypleiding is aangelê om kos, water en medisyne aan die werkers te stuur na verskeie van hulle begin siek raak het.

Die plan is om twee parallelle tonnels te boor waardeur die werkers moontlik kan ontsnap. Volgens ‘n regeringsmaatskappy vir hoofweë en infrakstruktuur kan die reddingspoging nog “twee tot drie dae neem”.

Die werkers is ondergronds vasgekeer na ’n grondverskuiwing veroorsaak het dat ‘n tonnel inval.

Bronne: BBC, ECR, eNCA, Money Control

Lees ook: Vasgekeerde Indiese werkers begin siek raak