Lees ook: Altesaam 65 ‘aanhitsers’ van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla
Bheki Cele, die minister van polisie, het Vrydag die land se misdaadstatistiek bekend gemaak. Cele het gesê daar was ’n daling in die aantal moorde in die land, alhoewel 6 945 mense tussen Julie en September vanjaar vermoor is.
Sowat 881 vrouens en 293 kinders is tydens Julie en September vermoor, terwyl 35 polisiebeamptes en 19 ander beamptes in dieselfde tydperk vermoor is. Die meerderheid van die moorde is veroorsaak deur argumente, padwoede, skare-aanvalle, uitlokking en vigilante optrede.
Saftu het gesê minstens 75 mense word daagliks vermoor. Saftu het ook gesê die verkragtingstatistiek beloop 10 516 gevalle en algehele seksuele misdrywe 13 090 vir dieselfde tydperk. Verskeie partye het hulle kommer oor die statistiek uitgespreek.
Bronne: IOL, SA People, BusinessTech
Lees ook: Altesaam 65 ‘aanhitsers’ van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla