Vasgekeerde Indiese werkers begin siek raak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Indiese werkers al vir meer as 72 uur in tonnel vasgekeer

INDIЁ. – Sommige van die 40 werkers wat hier in ’n tonnel vasgekeer is, is siek.

Reddingspanne het gesê hulle gebruik die pype, wat opgestel is om vir die werkers kos, water en suurstof te stuur, om medisyne by hulle te kry. Die werkers het gekla oor koors, liggaamspyne en angs. Twee van die werkers is ook glo beseer na puin op hulle geval het.

Die werkers is al sedert Sondag vasgekeer na ’n grondverskuiwing veroorsaak het dat die tonnel waarin hulle gewerk het ineengestort het.

Die poging om die werkers uit die tonnel te haal, is vertraag deur ’n fout met ‘n reddingsboor. Kommer oor die gesondheid van die werkers is aan die toeneem.

Bronne: DW – South Africa, EWN, ABC News

Lees ook: Indiese werkers al vir meer as 72 uur in tonnel vasgekeer