Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog steek 11 000 verby
UTTARAKHAND, INDIЁ. – Altesaam 40 Indiese werkers is al vir meer as 72 uur in ’n tonnel vasgekeer. Die werkers is Sondag toegeval toe ’n deel van die tonnel na ’n grondverskuiwing ingegee het.
Die werkers is 200 m onder in die tonnel vasgekeer, maar niemand is beseer nie. Redders stuur kos, water en suurstof deur pype na die werkers.
Daar is kommer oor hoe lank dit nog gaan neem om die werkers te bevry. ’n Groot boor word tans gebruik om by die tonnel te probeer inkom, maar owerhede het gesê dit gaan stadig.
Bronne: BBC, The Guardian, CNN