GAUTENG. – Watertekorte by 16 openbare hospitale het veroorsaak dat 392 operasies nie gedoen kon word nie.
Jack Bloom, die DA se gesondheidswoordvoerder van die provinsie, sê die watertekorte het daaglikse gesondheidsdienste in Gauteng beïnvloed. Die DA ondersteun alle pogings om watertekorte aan te spreek en sal na verwagting Woensdag aan ‘n optog hieroor deelneem. Die doel is om ‘n memorandum oor watertekorte in Gauteng aan Senzo Mchunu, die minister vir water en sanitasie, te oorhandig.
Nomantu Nkomo-Ralehoko die LUR vir gesondheid in Gauteng, het bekendgemaak die opersasies is vanweë die watertekorte gekanselleer.
Helen Joseph-hospitaal het 36 operasies gekanselleer, terwyl Edenvale-hospitaal 117 operasies moes afstel. By Pholosong-hospitaal is 127 operasies nie uitgevoer nie. Altesaam 36 operasie kon uitgestel word.
Kalafong-hospitaal het groot watertekorte op 28 Januarie en 9 September ondervind.
Bloom het verder gesê gebreekte waterpype dra ook tot waterprobleme by. Lae waterdruk by Tembisa en Edenvale het verspreiding van water na hoër vloere gekeer.
Aangesien hospitale 48 uur se water gestoor moet hê, het die departement gesê stappe is geneem deur watertenkers, boorgate, opvang van reënwater, hergebruik van grys water en watersuiwering by elk van die fasiliteite te hê..
Bron: IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



