Kyk: Web Ellis-trofee ondanks twee voorvalle steeds veilig

Deel hierdie storie / Share this story

Ondanks ‘n inbraak by SA Rugby se kantore en ‘n opportunistiese grypdief tydens die trofeetoer in die Wes-Kaap, is die Web Ellis-trofee steeds veilig.

SupaRugby sê daar is Maandagaand by SA Rugby se kantore ingebreek.

Sekuriteitsvideo’s wys die booswigte was ‘n paar uur in die kantore. Slegs ou sakrekenaars en drank is gesteel. Die gesogte Web Ellis-trofee was veilig in ‘n kluis weggesluit.

‘n Video het die rondte gedoen waarin dit lyk asof iemand die trofee tydens die trofeetoer in die Wes-Kaap in ‘n onbevestigde voorval wou buit.

Bron: SupaRugby

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel