Produkte met gesondheidsrisiko op Upington vernietig

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die polisie en gesondheidsdepartement het Maandag produkte wat ‘n gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou op Upington vernietig.

Sers. Omphile Masegela sê daar is met ‘n inspeksie by ‘n groothandelaar op vervalste en vervalde kosprodukte wat moontlik ‘n gesondheidsrisiko vir verbruikers kan inhou, gefokus. Produkte met ‘n geskatte waarde van ongeveer R1 miljoen is vernietig.

‘n Waarskuwing word aan verspreiders en handelaars gerig om voedselveiligheid vir verbruikers ten alle tye eerste te stel. Verbruikers is op hulle beurt gewaarsku om van vervaldatums op produkte seker te maak.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel