Lees ook: Fiji se Tuisova mis seun se begrafnis om deel te neem aan RWB
FIJI. – Die Fidjiaanse rugbyspeler, Josua Tuisova, se ma is oorlede minder as twee maande na die dood van sy sewejarige seun.
Tuisova het verlede week voor die Racing Top 14-wedstryd teen Toulon by die Stade Mayol uitgevind sy ma is oorlede.
Tuisova se seun het in September na ’n lang siekbed net voor die Flying Fijans se Wêreldbeker-rugbywedstryd teen Georgia gesterf. Tuisova het besluit om sy seun se begrafnis te mis om aan die wedstryd deel te neem.
Tuisova se spanmaats en hulle opponente het hulle ondersteuning vir Tuisova gewys deur swart bande om hulle arms te vertoon.
Bronne: Planet Rugby, Wales Online, Iscaninfo
Lees ook: Fiji se Tuisova mis seun se begrafnis om deel te neem aan RWB