Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal
GAZA. – Pasiënte en dokters is al vir dae vasgekeer in die Al-Shifa-hospitaal na gevegte tussen die Israelse weermag en Hamas.
Munir al-Boursh van die Palestynse gesondheidsministerie het gesê nege volwassenes en ses kinders is al in die hospitaal dood weens die swak toestande. Die Israelse weermag het Vrydag die hospitaal omsingel omdat geglo word Hamas-vegters kruip in die hospitaal en in ondergrondse tonnels by die hospitaal weg.
Die WGO het gesê sowat 3 000 mense is in die hospitaal vasgekeer sonder genoeg kos, water en brandstof. ’n Dokter by die hospitaal het gesê daar is sowat 110 liggame van dooies wat voor die hospitaal lê, wat siektes kan veroorsaak.
Daar is kommer dat nog pasiënte gaan sterf met die kragtoevoer aan die hospitaal wat deur die gevegte onderbreek word.
Bronne: The Guardian, EWN, Business Standard
Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal



