OOS-KAAP. – Yonela Mahlugulu (34) het Vrydagoggend haar huis in die Robert-area in Ngobazana A/A verlaat om te gaan werk en het nie die middag teruggekeer huis toe nie. Haar liggaam is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 naby ‘n rivier by Mtsila op Lusikisiki gevind.
Kol. Priscilla Naidu sê haaar man het vasgestel sy het ook nie die oggend by die skool aangekom nie. Haar selfoon was steeds tuis en hy het haar as vermis aangemeld.
Tydens ‘n soektog is ‘n sein van haar voertuig opgetel. Haar voertuig is gevind, met bloedvlekke in die kattebak en die sleutels nog in die aansitter. Met behulp van die opsporingsverslag is haar roete nagegaan, waarna die polisie se reddingshond Bond, haar familie en lede van die gemeenskap begin soek het op plekke waar die verslag gewys het sy stilgehou het.
Bond het haar liggaam omstreeks 15:00 gevind. Sy het skietwonde aan haar bolyf gehad.
Die motief vir haar moord is onbekend, maar word ondersoek.
Enigiemand met inligting wat sal help om die skuldige(s) vas te trek, kan speur.kapt. Sizwe Sitsha by 082 442 2714 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



