Pro-Israel protes in Kaapstad deur pro-Palestina betogers onderbreek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal

KAAPSTAD. – ’n Pro-Israel protesbyeenkomss in Kaapstad is gister deur pro-Palestina betogers onderbreek. Die polisie is ontbied en moes waterkanonne en skokgranate gebruik om die bakleiery tussen die groepe te stop.

Die polisie het bevestig vier mans is vir openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle sal in die Kaapstad-landdroshof verskyn wanneer hulle aangekla word.

Die situasie in Seepunt word steeds gemonitor.

Die Joodse raad het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê dreigemente is Saterdag tydens nog ‘n betoging teen die Joodse skool Herzlia gemaak na een van die pro-Palestina betogers gesê het: “Ons weet waar die moordenaars vandaan kom, hulle kom van Herzlia af hier in Kaapstad”.

Bronne: Daily Maverick, Ground UP, IOL

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal