KAAPSTAD. – Wie die eienaar van Casablanca, ‘n luuksewoning van R700 miljoen te Genevarylaan 30 in Kampsbaai, is, bly ‘n geheim en monde bly gesnoer.
The Weekend Argus het volgens IOL reeds kundiges in die eiendomsmark, die plaaslike gemeenskap en ‘n raadslid vir inligting oor die huis gepols maar die geheim bly bewaar. Selfs bure weier om ‘n woord te rep.
Volgens Jacaranda FM is die huis in 2014 opgeknap. Die woning spog met agt slaapkamers, 13 badkamers, ‘n gimnasium, ‘n muurbalbaan, sauna, ontspanningskamer, wynkelder, whiskykroeg, ‘n bioskoop, biljartkamer, biblioteek, olimpiese grootte swembad, motorwassery en parkering vir meer as 14 motors.
Inligting oor die eienaar word vir privaatheid, veiligheid en vertroulikheid weerhou.
Bron: IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



