Ongeluk eis een, twee gevlieg

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA, GAUTENG. – Een persoon is dood en twee kritiek beseer tydens ‘n ongeluk wat Vrydag op die R25 in die Welbekend-area plaasgevind het.

EMER-G-MED sê verskeie voertuie het teen ‘n hoë snelheid gebots.

Twee persone wat kritiek beseer is, is vir verdere mediese versorging met Netcare 911- en HALO- mediese helikopters na spesialisfasiliteite gevlieg.

‘n Man wat vermoedelik in sy 30’s is, is noodlottig beseer en is op die toneel dood verklaar.

Die pad was vir opruimingswerk gesluit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel