Wapens by polisiestasie in Noord-Kaap gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

PETRUSVILLE, NOORD-KAAP – Vuurwapens is vroeër die week by die Petrusville-polisiestasie gesteel.

Lt.kol. Tebogo Thebe van die Valke het bevestig ‘n voorval van vermiste vuurwapens word by die polisiestasie ondersoek.

“Die ondersoek is tans in sy beginstadium en geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie.”

Ian Cameron van Action SA sê volgens ‘n sosialemediaplasing was lede wat aan diens was vas aan die slaap. Na bewering is die wapenkluis die volgende oggend glo oop gevind. Twee haelgewere, ‘n R5-geweer en ‘n Z88-pistool is glo gesteel. In die plasing word te kenne gegee alle ammunisie en die kluissleutels is ook vermis.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel