In ‘n TikTok video wat deur @masfacee gedeel is, word twee onwettige motorfietsryers wat op ‘n openbare pad is, ‘n keuse gegee.
‘n Polisievoertuig stop by hulle, waarna ‘n parate polisieman die ryers op hul foute wys en vir hulle opdrag gee om die motorfietse verder te stoot.
Die keuse is eenvoudig: Stoot die motorfiets of klim in die polisievoertuig en word vir die padverkeerswette wat oortree is, aangekla.
Dit lyk asof die voorval moontlik in die Wes-Kaap plaasgevind het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel