‘Dwelmmuil’ het ‘n vorige veroordeling

Deel hierdie storie / Share this story

KEMPTONPARK, GAUTENG – Janine Ann van Zyl (60) is Sondag met R400 000 dagga in haar bagasie by OR Tambo- internasionale lughawe, vasgetrek.

Kol. Katlego Magale het ‘n vorige veroordeling van die beskuldigde in ‘n saak van handel met dwelmmiddels bevestig.

Die polisie het ‘n wenk ontvang en het Van Zyl, wat reeds haar bagasie laat inboek het in die rookarea gevind. Haar bagasie is by die instaphek onderskep. Agt blokke dagga van 1kg elk was tussen haar klere versteek. Die polisie het ook vir verdere ondersoek beslag op Van Zyl se selfoon gelê.

Van Zyl het Dinsdag op aanklagte van dwelmhandel in die Kemptonpark-landdroshof verskyn.

Die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 20 November uitgestel terwyl die verdagte in aanhouding bly.

Bronne: SAPD Valke en IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel