Man doodgeskiet, vrou gewond en beseer

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Woensdagaand net na 07:30 tydens ‘n skietery in York-rylaan in die Bulwer-area van Berea in Durban dood. Sy vrou het ook verskeie skietwonde aan haar arms, sowel as beserings wat deur die kolf van ‘n vuurwapen toegedien is, opgedoen.

Garrith Jamiesoen van ALS Paramedics sê daar is op ‘n skietery reageer. Verskeie nooddienste was reeds op die toneel.

Die manspersoon wat geskiet is, is op die toneel dood verklaar.

Die vrou is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici op die toneel gestablisiseer voordat sy vir verdere dringende behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas is.

Omstandighede van die skietery word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel